Wallies

Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Walliesers.
Wallies
Cymraeg, y Gymraeg 
Uitspraak: [kəmˈrɑːɨɡ], [ə ɡəmˈrɑːɨɡ]
Gepraat in: Vlag van Wallis Wallis
Vlag van Engeland Engeland
Vlag van Argentinië Argentinië (Chubut)
Vlag van Kanada Kanada
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
Vlag van Australië Australië 
Gebied: Wes-Europa
Totale sprekers: 750 000+:
Wallis: 611 000[1]
Engeland: 133 000[2]
Argentinië: 25 000[3]
Kanada: 3 160[4]
Verenigde State: 2 655[5]
Nieu-Seeland: 1 155[6]
Australië: 1 060[7] 
Rang: 266
Taalfamilie: Indo-Europees
 Kelties
  Eiland-kelties
   Britonies
    Wallies 
Skrifstelsel: Latynse alfabet (Walliese variant) 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Wallis Wallis
Gereguleer deur: Comisiynydd y Gymraeg ("Walliese Taalkommissaris") en Llywodraeth Cymru ("Regering van Wallis")
Taalkodes
ISO 639-1: cy
ISO 639-2: wel (B)
cym (T)
ISO 639-3: cym 
Verspreiding van Wallies in Wallis

Wallies (Wallies: Cymraeg, [kəmˈrɑːɨɡ], of y Gymraeg, [ə ɡəmˈrɑːɨɡ]) behoort tot die Britoniese tak van die Keltiese tale. Wallies word deur moedertaalsprekers in die westelike deel van Groot-Brittanje in Wallis (Wallies: Cymru), 'n minderheid op die Walliese grens en deur die Walliese immigrante gemeenskap (Y Wladfa) in die Chubut-provinsie in Patagonië in Argentinië, gepraat. Daar is ook sprekers in die res van die wêreld, vernaamlik in Engeland, die Verenigde State, Kanada, Australië en Nieu-Seeland. Wallies is nouverwant aan Kornies en Bretons en meer verlangs aan Iers-Gaelies, Manx-Gaelies en Skots-Gaelies.[8]

Aan die begin van die 20ste eeu het ongeveer die helfte van die bevolking van Wallis Wallies as 'n alledaagse taal gepraat. Teen die einde van die eeu het die persentasie gedaal tot ongeveer 20%.[8] Die mees onlangse sensussyfers (2001)[1] deur die Walliese Taalraad, gee aan dat 582 400 (20,8% van die bevolking van Wallis) Wallies kon praat en dat 457 946 (16,3%) dit kon praat, lees en skryf. Dit kan vergelyk word met 508 100 (18,7%) in 1991. Letterkundige tekste in Wallies bestaan sedert 1100. Tans is daar 'n bloeiende literatuur in Wallies.

  1. 1,0 1,1 "2004 Welsh Language Use Survey: the report – Welsh Language Board". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Maart 2008. Besoek op 19 April 2009.
  2. http://www.ibiblio.org/pub/archives/welsh-l/welsh-l/1993/Mar/More-Welsh-Speakers
  3. Ethnologue: Welsh
  4. Ethnologue: Languages of Canada.
  5. USEnglish.orgPDF (89.8 KiB)
  6. Cultural Table Geargiveer 19 November 2008 op Wayback Machine, New Zealand government (XLS).
  7. Western Australia.
  8. 8,0 8,1 Omniglot, Welsh, besoek op 19 April 2009

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search